Description
Die skrywer is bekend vir sy jeugboeke (Lien se Lankstaanskoene) en hierdie is slegs sy tweede volwasse roman. Die eerste was Daan Dreyer se Blou Geranium. In Tussen Vriende word drie egpare wat al dekades lank vriende is, se wel en wee geskets. In hulle vyftigs, suksevol, maar elkeen met sy of haar eie berg om te klim. Onder die moeilikhede tel ‘n buite-egtelike verhouding, ‘n bitter moeilike (skoon)ma, borskanker, ‘n vakuum tussen ouers en hul enigste seun. Nie net die individue se hantering van hul probleme nie, maar ook die impak daarvan op die vriendekring word lewensgetrou uitgebeeld. Tog is dit nie ‘n “swaar” boek nie – Van der Walt handhaaf ‘n ligte aanslag wat die roman aangename leesstof maak. Die lewe is immers nie beperk tot sugte en steune nie, maar het ook tye van blydskap, aanvaarding, pret en saamwees.
Reviews
There are no reviews yet.