Vlakwater deur Ingrid Winterbach

R250.00

Ingrid Winterbach-aanhangers sal sekerlik bly wees om te hoor van die verskyning van haar nuwe boek. Dit is ‘n veelvlakkige roman vol van intrige, die kunste, waansin en spiritualistiese filosofieë. Kunstenaar Niek Steyn koop ‘n huis in Kaapstad ná die beëindiging van sy liefdesverhouding. Niek bevriend Marthinus, wat naby hom bly, en vind dat hulle ‘n belangstelling in die kunstewêreld deel. Gou word die verhaal bevolk met ‘n verskeidenheid klaarblyklik versteurde kunstenaartipes. Slegs een karakter verteenwoordig normaliteit en warmte in Niek se lewe – sy huurder, die kunsstudent Charelle. Wanneer sy verdwyn en verskeie onrusbarende dinge in die area gebeur, is Marthinus oortuig dat Viktor daaragter sit; Viktor wat die skisofreniese boek Vlakwater geskryf het. Intussen werk ‘n naamlose haaslip-vrou aan ‘n monografie oor die bekende kunstenaars-cum-filmmakers, die Olivier-broers. Stadigaan begin mens vermoed daar is dalk een skakel wat al hierdie dinge verbind, maar is die vermoede korrek?

View Detail
Compare
SKU: 9780798170475 Categories: ,

Description

Niek Steyn moves to Cape Town after his divorce. When his boarder disappears and the artist Buks Verhoef makes an offer on his house, Niek suspects the diabolical author Victor Schoeman’s involvement. Shortly afterwards a researcher witnesses the murder of Buks Verhoef in Stellenbosch and a strange man starts following her. Is it Victor Schoeman?

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Vlakwater deur Ingrid Winterbach”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

eighteen + 16 =