Weerklink van ’n wanklank – Pieter-Dirk Uys

R280.00

Hierdie boek, gelyknamig aan Uys se mees onlangse verhoogstuk, is die beroemde komediant/politieke kommentator se derde memoire. Hierin vertel hy van sy grootwordjare – wat hy as ’n “wanklank” bestempel – en die mense en faktore wat sy karakter help vorm het.

View Detail
Compare
SKU: 9780624086949 Categories: , ,

Description

Hierdie boek, gelyknamig aan Uys se mees onlangse verhoogstuk, is die beroemde komediant/politieke kommentator se derde memoire. Hierin vertel hy van sy grootwordjare – wat hy as ’n “wanklank” bestempel – en die mense en faktore wat sy karakter help vorm het. As tiener het hy begin “geraas maak” om hom te help om die lewe te hanteer. Dit het gelei tot die skepping van Evita Bezuidenhout, ’n masker van waaragter hy die wêreld kon aandurf. In die boek word Evita egter in die agtergrond geskuif sodat hy die “wanklank” weer kan laat klink – hierdie keer as homself. Twee mense tree sterk na vore: sy kleurryke en komplekse pa, met wie hy ’n ewe komplekse verhouding gehad het, en Sannie Abader, die Uyse se “wat-sou-ons-sonder-haar-doen” huishulp. Haar status as ’n “tweede ma” in sy lewe het ’n groot rol in Uys se bewuswording van die apartheidspolitiek gespeel.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Weerklink van ’n wanklank – Pieter-Dirk Uys”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

9 − six =