Wit Wolf – Stefaans Coetzee & Alita Steenkamp

R275.00

Daar is seker min Suid-Afrikaners by wie die woorde “wit wolf” nie ’n prentjie oproep van ver-regse, militante wit Afrikaners nie.

View Detail
Compare
SKU: 9780624088264 Categories: , , ,

Description

En dit wás die 19-jarige Stefaans Coetzee toe hy op Oukersdag 1996 een van twee bomme in Worcester se besigheidskern laat ontplof het – ’n daad waarvoor hy 40 jaar tronkstraf opgelê is. Tog dra hierdie outobiografie ’n uitsonderlike boodskap van versoening. Stefaans vertel van sy huislike omstandighede wat hom laat smag het na ’n vaderfiguur en hoe hy onder die invloed van ’n skoolvriend se pa die Israel-visie godsdiens en gepaardgaande rassisme aangehang het. Die bykans 19 harde jare wat hy in die tronk was, het egter sy lewensuitkyk totaal omgekeer. Stefaans se reis na selfverbetering en versoening wat hom so ver gelei het om die vergifnis van sy slagoffers te soek gryp mens aan die hart.

 

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Wit Wolf – Stefaans Coetzee & Alita Steenkamp”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

seven + 7 =