Witboy in Berlyn – Deon Maas

R260.00

Toe Deon Maas, die omstrede mediaman, se vrou in Berlyn werk kry, raak hulle ontslae van al hulle goed en verhuis daarheen.

View Detail
Compare
SKU: 9781868427581 Categories: , ,

Description

Toe Deon Maas, die omstrede mediaman, se vrou in Berlyn werk kry, raak hulle ontslae van al hulle goed en verhuis daarheen. Hy verwag stellig om tuis te voel daar, in die stad waar sy voorouers vandaan kom en waar hy, as vrye gees, met soveel verskillende nasies kan skouers skuur. Maar hy vind hy’s “te wit vir Afrika en te Afrika vir Berlyn”. Sy beskrywing van dié “narsistiese” stad en sy mense laat ’n mens voel of jy saam met hom daar is. Dis ’n indompeling in ’n ander kultuur. Soos hy vertel van sy interaksie met die stad se mense kom musiek, politiek, protes, Duitse presisie, straatkultuur, burokrasie en veel meer onder die loep. Maas se ironiese humor en suiwer waarnemingsvermoë is deurgaans teenwoordig. Hy skryf eg, sonder pretensie, en dit laat die leser met hom identifiseer op ’n vlak wat nie afhanklik is van gedeelde belangstellings nie.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Witboy in Berlyn – Deon Maas”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

1 × two =