Wreed En Mooi Is Die Dood – Tobie Wiese

R270.00

“… die blote idee dat die [lewens]reis tot ’n einde sal kom, is te veel om te verdra.” (Marius Brand, p. 113 )

View Detail
Compare
SKU: 9781868429431 Categories: , ,

Description

In Westerse beskawings is die dood – die enigste ding in hierdie lewe waarvan ons seker is – ’n vreesaanjaende gedagte wat liefs doodgeswyg word, terwyl ander kulture dit erken as ’n faset van die lewe en dit verhef tot iets moois. Hierdie bundel kyk die dood vas in die oë, ’n aanslag wat ’n wye verskeidenheid aspekte dek. Bydraes van verskillende skrywers sluit in filosofiese beskouings, die herinneringe en pyn van oorlewendes, sterwensbegeleiding, akademiese besprekings en ook sketse en staaltjies in ligter trant. Die tradisies van die Christendom, Islam, die Khoi-San, Boeddhisme en Afrika-volkere word bespreek. Selfdood/selfbeskikking en nadoodse ervarings kom ook onder die loep. Dit is ’n bundel wat jou uitdaag om die dood ’n verrykende deel van jou lewe te maak.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Wreed En Mooi Is Die Dood – Tobie Wiese”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

11 − ten =