{"product_id":"al-wat-ek-weet-paperback","title":"Al Wat ek Weet (Paperback)","description":"\u003cp style='margin: 0rem 0px 1rem; padding: 0px; box-sizing: border-box; font-family: \"Open Sans\", \"Helvetica Neue\", Helvetica, Arial, sans-serif; font-size: 14px;'\u003e\u003cem style=\"margin: 0px; padding: 0px; box-sizing: border-box;\"\u003eJy’s kwaad vir die hele wêreld. En jou enigste wapen is ’n rugsak vol woorde.\u003c\/em\u003e\u003c\/p\u003e\r\n\r\n\u003cp style='margin: 0rem 0px 1rem; padding: 0px; box-sizing: border-box; font-family: \"Open Sans\", \"Helvetica Neue\", Helvetica, Arial, sans-serif; font-size: 14px;'\u003e\u003cspan style=\"margin: 0px; padding: 0px; box-sizing: border-box;\"\u003eGabriel\u003c\/span\u003e\u003cspan style=\"margin: 0px; padding: 0px; box-sizing: border-box;\"\u003e is vyftien jaar oud. \u003cem style=\"margin: 0px; padding: 0px; box-sizing: border-box;\"\u003eFifteen going on fifty\u003c\/em\u003e, soos sy ma altyd geterg het. En ná haar dood weet hy skielik nie meer waar hy inpas nie. Die sielkundige wil hê hy moet oor sy gevoelens praat.\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e\r\n\r\n\u003cp style='margin: 0rem 0px 1rem; padding: 0px; box-sizing: border-box; font-family: \"Open Sans\", \"Helvetica Neue\", Helvetica, Arial, sans-serif; font-size: 14px;'\u003e\u003cspan style=\"margin: 0px; padding: 0px; box-sizing: border-box;\"\u003eMaar hoe verduidelik jy vir haar dat dit die afgelope paar maande makliker geword het om met woede te \u003cem style=\"margin: 0px; padding: 0px; box-sizing: border-box;\"\u003ecope \u003c\/em\u003eas met snot en trane?\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e\r\n\r\n\u003cp style='margin: 0rem 0px 1rem; padding: 0px; box-sizing: border-box; font-family: \"Open Sans\", \"Helvetica Neue\", Helvetica, Arial, sans-serif; font-size: 14px;'\u003e\u003cspan style=\"margin: 0px; padding: 0px; box-sizing: border-box;\"\u003eHoe verduidelik jy dat jou kastige “gemengde bloed” jou anders as die res maak?  Hoe verduidelik jy dat dinge net nie meer dieselfde tussen jou pa is nadat hy in ’n sielkundige inrigting opgeneem is nie, terwyl jy moet probeer aangaan met jou lewe? \u003c\/span\u003e\u003cspan style=\"margin: 0px; padding: 0px; box-sizing: border-box;\"\u003eHoe verduidelik jy waarom jy al twee keer jou polse met ’n knipmes probeer oopkerf het?\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e\r\n\r\n\u003cp style='margin: 0rem 0px 1rem; padding: 0px; box-sizing: border-box; font-family: \"Open Sans\", \"Helvetica Neue\", Helvetica, Arial, sans-serif; font-size: 14px;'\u003e\u003cspan style=\"margin: 0px; padding: 0px; box-sizing: border-box;\"\u003eDaarom verloor Gabriel homself in die wêreld van \u003cem style=\"margin: 0px; padding: 0px; box-sizing: border-box;\"\u003eperformance poetry\u003c\/em\u003e, waar jy jou woede in woorde kan omsit en dit vir ’n gehoor uitbasuin.\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e\r\n\r\n\u003cp style='margin: 0rem 0px 1rem; padding: 0px; box-sizing: border-box; font-family: \"Open Sans\", \"Helvetica Neue\", Helvetica, Arial, sans-serif; font-size: 14px;'\u003e\u003cspan style=\"margin: 0px; padding: 0px; box-sizing: border-box;\"\u003eIn hierdie wonderwêreld van woorde leer hy om sy hand diep binne-in sy rugsak vol woorde te steek en die woorde soos gloeiende kole vir ’n gehoor te gooi.\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e\r\n\r\n\u003cp style='margin: 0rem 0px 0px; padding: 0px; box-sizing: border-box; font-family: \"Open Sans\", \"Helvetica Neue\", Helvetica, Arial, sans-serif; font-size: 14px;'\u003e\u003cspan style=\"margin: 0px; padding: 0px; box-sizing: border-box;\"\u003eDan ontmoet hy vir Sasha, wat mooier is as Sneeuwitjie en boonop ’n ding of twee van poësie weet ...\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e\r\n","brand":"Marita van der Vyver","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40760955666610,"sku":"9780799378993","price":240.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/158224_60f68500e4b6d6.44168114_9780799378993.jpg?v=1676061197","url":"https:\/\/www.wordsworth.co.za\/products\/al-wat-ek-weet-paperback","provider":"Wordsworth Books","version":"1.0","type":"link"}