{"product_id":"anderkant-die-water-paperback","title":"Anderkant Die Water (Paperback)","description":"Niks is ooit weer dieselfde nie.\n\nIn 2021 gebeur die ondenkbare. Ronel du Plessis en oud-Bok Jannie du Plessis se seuntjie Jan-Nathaniel verdrink op tien maande by die huis in hulle swembad.\nIn 'n oogwink verander alles. Waar begin mens om die stukkies op te tel? Hoe bly jy staande na iets so overstaanbaar, so onregverdig met jou gebeur? Hoe hou jy jou familie bymekaar met soveel hartseer in die huis?\nAnderkant die water is die uitbeelding van Ronel se soeke na antwoorde en genesing. Sy wend haarself na haar kuns, en begin om haar seuntjie, haar woede en haar hartseer uit te beeld met woorde, illustrasies, skilderye. Enigiets wat help om uiting te gee aan die onverwerkbare emosies in haar.\nNiks is ooit weer dieselfde nie. Maar met hierdie boek wys sy ook dat daar tog hoop anderkant die dood is. Hierdie boek is 'n huldeblyk aan hulle seun, 'n verwerking van hulle hartseer, 'n rekord van 'n ma se rou, en die storie van 'n hart se herstelling en die terugkeer van hoop.","brand":"Ronel du Plessis","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":67644463874226,"sku":"9781779860347","price":320.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/files\/9781779860347-2.jpg?v=1791334820","url":"https:\/\/www.wordsworth.co.za\/products\/anderkant-die-water-paperback","provider":"Wordsworth Books","version":"1.0","type":"link"}