{"product_id":"basjan-se-flessie-vir-depressie-paperback","title":"Basjan Se Flessie Vir Depressie (Paperback)","description":"\u003cp\u003eBasjan Louw slaap sleg na hy hoor hy moet drie jaar vroeër op 60-jarige ouderdom aftree. Een nag vererg sy vrou, Blom haar vir sy rondrollery op die bed en slaan hom met haar  kussing van die bed af. Verlep en verlore sit hy op sy stoep in die vroeë oggendure, betyds  om te sien hoe sy buurvrou, Linda Potgieter, skelm by die nuwe bankvloeksel in sy  spogmotor klim en rivier se kant toe ry.\u003cbr\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eBasjan kry die verneukery nie uit sy sisteem nie. Thys Potgieter, sy wonderlike buurman vir  twintig jaar, sweis op die buurdorp. Hy wik en weeg, besluit uiteindelik hy moet maak soos Dominee altoos preek, vir Thys eerder die verneukery wys, want wys is altyd beter. \u003cbr\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eDaarom bestel hy Thys vroegoggend sodat sy buurman alles wat gebeur eerstehands kan  gadeslaan. En daar voor hulle oë gebeur die verneukery weer. Maar Thys se reaksie hierna  spook vir maande lank by Basjan. Dis oggend wat Basjan spoedig wens nooit gebeur het  nie. Maar hoe hard hy ook al probeer om dié oggend ongedaan te maak, dis net nie  moontlik nie. Dit bly knaag aan sy en Thys se siele, duik op om elke hoek en draai. En  Basjan durf nie vir Dominee vertel op watse liederlike gemors sy gewysery uitgeloop het  nie. \u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eBasjan vat af en toe sluk uit sy flessie vir sy kom-en-gaan depressie. Die flessie word  sorgvuldig uit Blom se oog weggesteek. Dis in elk geval net noodflessie.\u003c\/p\u003e","brand":"Joe Kleinhans","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":46987114512562,"sku":"9781997476146","price":325.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/files\/194496_Flessie.jpg?v=1768811640","url":"https:\/\/www.wordsworth.co.za\/products\/basjan-se-flessie-vir-depressie-paperback","provider":"Wordsworth Books","version":"1.0","type":"link"}