{"product_id":"die-geskiedenis-van-braaibroodjies","title":"Die Geskiedenis van Braaibroodjies","description":"\u003cp dir=\"ltr\"\u003eHet jy al ooit gewonder waar die braaibroodjie vandaan kom?\u003c\/p\u003e\r\n\r\n\u003cp dir=\"ltr\"\u003eToe Frans de Villiers hierdie onskuldige vraag begin ondersoek het, was hy geskok oor hoe min werklike inligting beskikbaar is oor een van Suid-Afrika se gewildste braaigeregte. Sy nuuskierigheid het ontaard in ’n jarelange ondersoek deur die kosgeskiedenis van Suid-Afrika, met verrassende wendings oral langs die pad.\u003c\/p\u003e\r\n\r\n\u003cp dir=\"ltr\"\u003eHierdie speurtog het hom gelei deur agtiende-eeuse resepteboeke, vroeë reisigersjoernale, Jan van Riebeeck se dagboek, handgeskrewe familieresepte, Voortrekkerdagboeke, koerante uit die 1930’s tot 1950’s, duisende ou Huisgenoot-uitgawes uit dieselfde era, briewe uit kerkargiewe, asook verskeie kosbare ou tekste uit die Universiteit Stellenbosch se Spesiale Versamelings.\u003c\/p\u003e\r\n\r\n\u003cp dir=\"ltr\"\u003eHy het geleer dat die geskiedenis van braaibroodjies méér as net ’n kosverhaal is. Dit is die storie van Afrikaners, vertel deur die lens van witbrood, kaas, uie, tamaties, blatjang en vuur.\u003c\/p\u003e","brand":"Frans De Villiers","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":48079335391410,"sku":"9781067218621","price":350.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/files\/9781067218621-2.png?v=1789992100","url":"https:\/\/www.wordsworth.co.za\/products\/die-geskiedenis-van-braaibroodjies","provider":"Wordsworth Books","version":"1.0","type":"link"}