{"product_id":"die-swye-van-mario-salviati","title":"Die Swye van Mario Salviati (Paperback)","description":"\u003cp\u003eIngi Friedländer, 'n jong, gefrustreerde kunstenaar wat by 'n kunsmuseum in Kaapstad werk, word gestuur om 'n gesogte beeldhouwerk op die dorpie Tallejare aan die rand van die Moordenaarskaroo te probeer koop.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eTydens haar verblyf word sy geboei deur stories uit die verlede; stories oor water wat opdraand loop, oor fabelagtige rykdom uit volstruisvere, en oor Goudseput, waar die verdwene Kruger-ponde glo begrawe lê. Sy ontrafel ook meer as een liefdesgeskiedenis, soos dié van die flambojante Meerlust Bergh en sy beeldskone Indonesiese prinses, en die hartseer verhaal van Mario Salviati en die onaansienlike Edit Aandra met haar wondermooi sangstem.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eIngi self raak bevriend met die kunstenaar Jonty Jack, wat soos 'n kluisenaar in die berg woon. Sy ervaar ook 'n diep aangetrokkenheid tot die doofstom Mario Salviati, die Italiaanse klipsnyer wat 'n groot geheim met hom saamdra.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie swye van Mario Salviati loop 'n wye, meevoerende draai - van die vroegste pioniersgeskiedenis af, deur oorloë en ontbering, die volstruisveertydperk en die koms van Italiaanse krygsgevangenes in die Tweede Wêreldoorlog, tot by die hedendaagse Suid-Afrika.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDis 'n roman oor gierigheid en versweë skande; oor die verlede as gevangenis; oor mense wat onder hul andersheid ly. Dit is ook 'n roman oor kunstenaarskap en oor bevryding.\u003c\/p\u003e","brand":"Etienne van Heerden","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40312793366706,"sku":"9780624044574","price":420.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/140183_611afe528c4392.61634413_9780624044574_ec2e7ca0-0244-4dd3-9bcd-0883a12914be.jpg?v=1678885093","url":"https:\/\/www.wordsworth.co.za\/products\/die-swye-van-mario-salviati","provider":"Wordsworth Books","version":"1.0","type":"link"}