{"product_id":"die-vrywilligers-paperback","title":"Die Vrywilligers (Paperback)","description":"\u003cp\u003e\u003cspan\u003eMet die aanvang van die Anglo-Boereoorlog besluit Robert Campbell, ’n dokter in Pretoria, en sy aptekersvriend, Thomas Park, om ’n ambulans na die gevegsfront te stuur. Campbell se dogter, Eleanor, saam met Thomas se dogter, Mary, en hul buurvrou, Martha, sluit aan as verpleegsters.\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cspan\u003eDr. Campbell se seun, Rory, onderbreek sy mediese studies in Skotland om by die ambulanspoging aan te sluit. Op pad na Pretoria ontmoet hy drie Russe wat as vrywilligers aan die Boerekant gaan veg, insluitend Ivan van Sint Petersburg.\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cspan\u003eSoos die oorlog groei en baie gewondes in Eleanor se sorg kom, word haar geloof geskud deur die gruwels van die oorlog, die geweld en die verlies.\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cspan\u003eWanneer Ivan in die Slag van Elandslaagte gewond word, versorg Eleanor hom. Gedurende hierdie tyd raak hulle verlief, maar hulle besef gou dat daar te veel struikelblokke tussen hulle liefde staan. Tydens die onrus van die oorlog word Eleanor mislei en sy glo dat Ivan gesterf het.\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cspan\u003eNá die oorlog bly Eleanor ongetroud en help sy haar moeder as vroedvrou in haar praktyk. Maar, in 1919, verskyn Ivan weer ...\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e","brand":"Malene Breytenbach","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":46304977354930,"sku":"9781779880949","price":300.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/files\/9781779880949.jpg?v=1761220714","url":"https:\/\/www.wordsworth.co.za\/products\/die-vrywilligers-paperback","provider":"Wordsworth Books","version":"1.0","type":"link"}