Skip to content

Ek dare jou...leef voluit!

by Naledi
ISBN: 9780986990731
Product in Stock: Yes
Original price R 20.00 - Original price R 20.00
Original price R 20.00
R 20.00
R 20.00 - R 20.00
Current price R 20.00
Add to Wishlist
Hierdie man praat ons taal! So sal baie jongmense van Dieter Voigt se eerste en nuwe boek, Ek dare jou...leef voluit!, se. Dieter is nie net 'n Pasella aanbieder nie. Hy skryf en hy reis en hy doen! Hy leef in hierdie wereld saam met (jong)mense. Sy vyf jaar onderwysgee maak van hom iemand wat weet hoe jongmense se koppe werk: hy praat saam met hulle en is nie prekerig nie. Dieter is 'n rolmodel vir tieners in meer as een opsig; hy is nie te cool om te erken dat hy en "twee tjommies" met hulle Bybels en notaboek "afgesit het na die strand nie". Hy se dat na 'n tyd "vergeet jy van al die mense en God se strome blessings voer jou weg". Hy is egter cool genoeg om ekstreme sport soos parkour en free diving te doen, van hoe kranse af te spring en oor 'n balk 15 meter bo die grond te loop; hy leer ons wat dit beteken om groen te wees en gee wenke om die Bicycle Crunch vir plat abs te doen. Weet jy wat 'n "pedometer" is; hoe om free radicals met antioksidante te beveg; dat jou liggaam uit ongeveer 60% water bestaan; hoeveel kaloriee jy daagliks verbrand; die skade wat ultravioletstrale doen; en en ...nee wat, lees liewer self die boek en word "with it".

x