{"product_id":"goeie-genade-grootseun-kronieke-van-n-dominee-paperback","title":"Goeie Genade, Grootseun! Kronieke van 'n Dominee (Paperback)","description":"\u003cp\u003eDie jongste bundel rubrieke in Barend Vos se reeks oor die lewe van ’n predikant en sy gesin in ’n plattelandse gemeente. Deur die oë van “Grootseun” – die Jongdominee wat briewe aan sy ouers skryf – word lesers ingenooi in ’n wêreld van kerkbasare, kleurryke karakters en alledaagse uitdagings wat met deernis en fyn humor uitgebeeld word in stories soos “Al die kinkels in ’n kerkbasaar”, “Tannie Sjjjt word verstaan”, “Brûe bou is nie vir sissies nie” en “Hooglied word laaggevat”.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eGoeie genade, Grootseun! is die opvolg op Vos se gewilde bundel Liefdegroete, Grootseun, wat in 2018 verskyn het. Dié sketse het oorspronklik in die tydskrif LiG verskyn. In Goeie genade, Grootseun! word 31 van die beste en mees vermaaklike stories opgeneem in een toeganklike bundel, en die oorspronklike illustrasies van wyle Fred Mouton word ook ingesluit.\u003cbr\u003e\u003c\/p\u003e","brand":"Barend Vos","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47513778716850,"sku":"9781485316305","price":250.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/files\/9781485316305.jpg?v=1780481942","url":"https:\/\/www.wordsworth.co.za\/products\/goeie-genade-grootseun-kronieke-van-n-dominee-paperback","provider":"Wordsworth Books","version":"1.0","type":"link"}