{"product_id":"helene-de-kock-keur-boek-4","title":"Helene de Kock Keur: Boek 4","description":"Hierdie drietal verhale van Helene de Kock is vol verrassings en romanse. Verhale wat nie gou vergeet sal word nie.\r\n\r\nDigby Grootgewaag is die verhaal van drie susters se liefdes en ook hul leed; ’n verhaal van diep, intense liefde, van offervaardigheid en ootmoed. Daar is ’n intieme verweefdheid in die susters se lewe.\r\n\r\nKronkelpad na Vergenoeg besoek die internasionale konsertpianis Tessa haar mense in die Oos-Vrystaat. Maar onvoorsiene omstandighede trek haar baie diep in hierdie kring in. Sy besef dat die lewe nie net uit ekstatiese hoogtepunte bestaan nie maar hom veral tussen die mure van ’n huis afspeel. En sy moet ’n keuse maak . . .\r\n\r\nIn Sonder Winter is dr Karen Marais ’n vrou wat liefde geken en weer verloor het. En dan een skrikwekkende middag terwyl sy op pad terug is Oos-Vrystaat toe, kry sy die kans om daardie liefde te herwin. Maar kan sy Bernard Cilliers ooit weer vertrou? Die groot vraag wat Karen kwel, is of sy durf regmaak wat sy vier jaar gelede verbrou het.","brand":"Helene de Kock","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40310663610546,"sku":"9780798177580","price":275.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/141377_6151dcb570aae4.45157571_9780798177580_57f61858-ff66-41c7-922f-2d376125007b.jpg?v=1640820987","url":"https:\/\/www.wordsworth.co.za\/products\/helene-de-kock-keur-boek-4","provider":"Wordsworth Books","version":"1.0","type":"link"}