{"product_id":"jagspinnekop","title":"Jagspinnekop (Paperback)","description":"\u003cp\u003e\u003cspan class=\"a-text-bold\"\u003e\u003cb\u003e\u003cstrong\u003ePRE-ORDER NOW! The estimated release date is 31 August 2026. Please note your complete order will only ship once the Pre-Order item becomes available.\u003c\/strong\u003e\u003c\/b\u003e\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eMoeg vir ’n koue bed? Ons ken net die plek.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eSmooch is ’n gewilde platform vir mense opsoek na ... meer. Daar kan jy wees net wie jy wil. Sê net wat jy wil. Flankeer met wie jy wil.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eMaar Suzette Fourie weet daar is ’n donker kant aan hierdie interaksies. As profileerder weet sy van die moorde. Vrouens uit die voorstede van Kaapstad. Elkeen ongelukkig met hulle liefdeslewe. Elkeen vermoor en gevind in ’n veld. Elkeen gemerk met die grillerige kenteken van die moordenaar.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eDie media noem hom die Jagspinnekop. En Suzette weet hy gebruik hierdie platforms as sy jagveld. Dis waar hy weerlose vrouens opspoor. En sy aptyt blyk eindeloos. Nou moet sy hom plattrek voor hy sy tande in die volgende slagoffer kan slaan.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eJagspinnekop is ’n onheilspellende spanningsverhaal vir die moderne era wat diep onder jou vel in gaan kruip.\u003c\/p\u003e","brand":"Erla Diedericks","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47563943641266,"sku":"9781779860668","price":306.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/files\/9781779860668.jpg?v=1782736486","url":"https:\/\/www.wordsworth.co.za\/products\/jagspinnekop","provider":"Wordsworth Books","version":"1.0","type":"link"}