{"product_id":"kliniek-van-verlatenheid","title":"Kliniek van Verlatenheid (Paperback)","description":"Kliniek van verlatenheid is Cascione se vertaling van die befaamde Italiaanse digter, Alda Merini, se laaste versameling gedigte.\u003cbr data-mce-fragment=\"1\"\u003e\u003cbr data-mce-fragment=\"1\"\u003eMerini het onder andere die Guggenheimprys ontvang en is twee keer vir die Nobelprys vir Letterkunde aanbeveel, onderskeidelik deur die Franse Akademie en die Italiaanse PEN.\u003cbr data-mce-fragment=\"1\"\u003e\u003cbr data-mce-fragment=\"1\"\u003e***\u003cbr data-mce-fragment=\"1\"\u003e\u003cbr data-mce-fragment=\"1\"\u003eRina Cascione het haar professionele loopbaan en die jare daarna aan die kunste gewy. Sy het musiek op Stellenbosch studeer, met ’n verdere drie jaar oorsee, in Strasbourg en Genève. Daarna het sy ’n B.A. graad, met onder andere kunsgeskiedenis, Frans en Duits by Unisa behaal.\u003cbr data-mce-fragment=\"1\"\u003e\u003cbr data-mce-fragment=\"1\"\u003eHaar debuutbundel, Meer as woorde (Naledi 2021) word deur die digter en Hertzogpryswenner, Johan Myburg, as sprekend van ’n “deurleefde ervaring met fyn aanvoeling” geprys. Dié bundel het ’n aantal vertalings ingesluit.\u003cbr data-mce-fragment=\"1\"\u003e\u003cbr data-mce-fragment=\"1\"\u003eCascione se derde taal is Italiaans, en saam met haar oorlede Italiaanse eggenoot, Paolo, het sy jaarliks lang tye in Italië, haar tweede tuiste, deurgebring. Daar het sy vertroud geraak met die Italiaanse digkuns.","brand":"Alda Merini, Rina Cascione","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":42505799434418,"sku":"9781776172382","price":240.01,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/384520_640675d7da5d97.90297580_9781776172382.jpg?v=1678150906","url":"https:\/\/www.wordsworth.co.za\/products\/kliniek-van-verlatenheid","provider":"Wordsworth Books","version":"1.0","type":"link"}