{"product_id":"koenie-die-nguni-en-die-groot-koei-kompetisie","title":"Koenie die Nguni en die groot KOEI-kompetisie","description":"Welkom in die wereld van die manjifieke Nguni-beeste, beroemd vir hul pragtige patrone, sterk horings en die spesiale plekkie wat hulle in Suid-Afrikaners se harte het.\r\n\r\nKoenie die Nguni is 'n nuuskierige kalf, en wanneer 'n groot beesskou dorp toe kom, laat spat hy skou toe om alles wat roer behoorlik te bekyk. Die plaaskinders storm agterna en doen hul bes om hierdie moeilikmaker in toom te hou. Terwyl die kinders stoei met hul spelerige kalfie, kry jong lesers 'n kykie na Suid-Afrikaanse boerdery in aksie, van massiewe bulle wat kopstamp tot sagmoedige koeie wat gemelk word. Met soveel om te ontdek en soveel nuwe vriende om te ontmoet, is dit makliker gese as gedaan om Koenie op die regte pad te hou!\r\n\r\nDeur die woelige, snaakse storie is daar ook stukkies inligting vir nuuskierige jong lesers ingeweef: Watter beesras het die grootste horings? Het koeie beste vriende? Hoe hanteer beeste die vuurwarm Afrika-son?\r\n\r\nHierdie komiese, kleurvolle verhaal is ryk geillustreer en trots Suid-Afrikaans. Die leesvlak en inhoud stem ooreen met die Nasionale Kurrikulum se Grondslagfase CAPS (Afrikaans en Lewensvaardighede), hoewel jonger kinders ook die verhaal, visuele elemente en humor sal geniet.","brand":"Lenka Knoetze","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":68084749238450,"sku":"9781779891112","price":180.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/files\/9781779891112.jpg?v=1795050179","url":"https:\/\/www.wordsworth.co.za\/products\/koenie-die-nguni-en-die-groot-koei-kompetisie","provider":"Wordsworth Books","version":"1.0","type":"link"}