{"product_id":"net-mosaiek-nog-dekoratiewe-idees","title":"Net Mosaiek: Nog Dekoratiewe Idees","description":"Nog 'n versameling pragtig uitgevoerde mosaiekontwerpe vir dekoratiewe en funksionele items, van olyfborde en plantpotte tot spieels, lampe en muurkuns, alles stylvol en spoggerig afgewerk. Tracy Boomer en Deborah Morbin het verskeie suksesvolle handwerkboeke agter hulle naam, en hulle eerste mosaiekboek was so gewild dat hulle lesers hulle gesmeek het om nog een te skryf. Hulle het weer eens met vars, skeppende idees vorendag gekom wat by alle kunshandwerkers byval sal vind. Hulle weet wat werk en wat nie, en deel die vrug van hulle ervaring ruimhartig met hulle lesers. Hulle is bekend vir die humorsin waarmee hulle skryf, en hierdie boek sal ook 'n glimalg op die ernstigste gesig sit. Die items wat hulle gekies en gemaak het, spreek van hulle bekende 'minder is meer'-benadering wat nog altyd baie gewild is. Gedetailleerde aanwysings en tonne wenke, wat hier ook tegniese aanbevelings insluit, maak sukses byna 'n voldonge feit vir lesers wat of die projekte in die boek volg, of dit as basis gebruik vir hulle eie ontwerpe.","brand":"Tracy Boomer","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":41244625469618,"sku":"9781920479619","price":149.01,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/356752_617d1178598d83.25448778_9781920479619_7639c223-8f92-4055-a2e5-7f81c61ad7be.jpg?v=1640846172","url":"https:\/\/www.wordsworth.co.za\/products\/net-mosaiek-nog-dekoratiewe-idees","provider":"Wordsworth Books","version":"1.0","type":"link"}