{"product_id":"nora-die-angora-en-die-yslike-bok-bohaai","title":"Nora die Angora en die yslike BOK-bohaai","description":"Ontmoet vir Nora, 'n stoute jong bokkie wat altyd moles maak op die plaas. En dis nie sommer enige plaas nie ... Nora woon op 'n angorabokplaas, waar hierdie spesiale diere aangehou word vir hul sagte, krullerige hare, bekend as sybokhaar. Suid-Afrika is die wereld se grootste produsent van hierdie natuurlike vesel.\r\nWanneer klein Nora op skeerdag op die verkeerde bakkie spring, word sy weggevoer op 'n wilde reis deur die Karoo, met die plaaskinders kort op haar hakke. So sien hulle Suid-Afrikaanse boerdery soos nog nooit tevore nie: alles van sjarmante skou-angoras wat met sjampoe gewas word tot geharde veldbokke wat teen kranse uitklouter op soek na 'n happie.\r\n\r\nDeur die woelige, snaakse storie is daar ook stukkies inligting vir nuuskierige jong lesers ingeweef: Hoekom dra brandbestryders bokhaarsokkies? Hoe smaak bokmelk?\r\n\r\nHierdie komiese verhaal is ryk geillustreer en trots Suid-Afrikaans. Die leesvlak en inhoud stem ooreen met die Nasionale Kurrikulum se Grondslagfase CAPS (Afrikaans en Lewensvaardighede), hoewel jonger kinders ook die verhaal, visuele elemente en humor sal geniet.","brand":"Lenka Knoetze","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":68084749140146,"sku":"9781779891136","price":180.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/files\/9781779891136.jpg?v=1795050176","url":"https:\/\/www.wordsworth.co.za\/products\/nora-die-angora-en-die-yslike-bok-bohaai","provider":"Wordsworth Books","version":"1.0","type":"link"}