{"product_id":"plaasdiere-van-suid-afrika","title":"Plaasdiere van Suid-Afrika","description":"Plaasdiere van Suid-Afrika is 'n vrolike prenteboek van 'n splinternuwe druknaam, Struik Agri. Dit stel jong lesers voor aan die vele plaasdiere - groot en klein - wat in die veld loop, in die kraal staan of in die hoenderhok skrop.\n\nJong lesers ontmoet 'n woelige versameling van meer as 60 diere - van sagte skape en besige bokke tot kleurvolle koeie, parate plaasbrakke en klein kapok-hoendertjies. Feitebrokkies word vergesel deur volkleur-illustrasies en foto's, en bou die jong leser se kennis oor plaasdiere en die lewe op Suid-Afrikaanse plase. Die boek se oulike uitleg maak dit lekker om oor die landbou te leer.\n\nPlaasdiere van Suid-Afrika is gemik op kinders onder sewe, en sal beslis plaaskinders en stadsjapies se liefde vir diere en die platteland aanmoedig.\n\nPropvol unieke Suid-Afrikaanse diererasse: Nguni * Afrikaner * Ankole * Drakensberger * Tuli * Bonsmara * Dorper * Persie * Van Rooy * Boerbok * Kalahari Red * Veldbok * Potchefstroom Koekoek * Boschvelder * Volstruis * Boerperd * Basuto-ponie * Nooitgedachter * Kolbroek * Boerboel","brand":"Helene Booyens","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":48049344807090,"sku":"9781779890399","price":180.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/files\/9781779890399-2.jpg?v=1789434100","url":"https:\/\/www.wordsworth.co.za\/products\/plaasdiere-van-suid-afrika","provider":"Wordsworth Books","version":"1.0","type":"link"}