{"product_id":"rebekka-van-kameeldoornplaas-paperback","title":"Rebekka Van Kameeldoornplaas (Paperback)","description":"\u003cp\u003e\u003cem\u003eTussen oorloë, tussen families, tussen wêrelde\u003c\/em\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eGetoë as ’n kampkind tydens die Anglo-Boereoorlog, word Rebekka as arm bywoner groot op Kameeldoornplaas, wat aan die ryk Wright-familie behoort.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eBekkie is ’n skrander leerling, lief vir skool en haar boeke. Toe sy noodgedwonge die skool  verlaat om na die Wrights se dogtertjies te kyk, dink sy dis tydelik. Maar haar versukkelde,  verminkte pa “verkoop” haar aan die Wright-gesin. Nou moet sy haar land en mense  agterlaat om in Engeland kinderoppasser te word.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eIn die sprokiesmooi Oxford moet sy haar voete in die volksvreemde vind. Gelukkig is prof.  Wright die leergierige Bekkie goedgesind. Onder sy leiding verbreed haar kennis oor alles  van Britse kookkuns tot wêreldpolitiek. Dis hier waar haar oë oopgaan. Dis ook hier waar  sy die professor se broerskinders, Richard en David, bevriend.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eMaar oorlog broei op die horison en die noodlot is nog lank nie klaar met Rebekka nie.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eWaar pas sy in hierdie wye wêreld in? Is sy Boer of Brit? Is sy regtig die jong dame van die  herehuis in Oxford? Wat dan van die kaalvoet kind van Kameeldoornplaas?\u003c\/p\u003e","brand":"Irma Joubert","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47032324391090,"sku":"9780637003179","price":350.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/files\/RebekkavanKameeldoornplaas-Hi-res.jpg?v=1770370953","url":"https:\/\/www.wordsworth.co.za\/products\/rebekka-van-kameeldoornplaas-paperback","provider":"Wordsworth Books","version":"1.0","type":"link"}