{"product_id":"seuns-weet","title":"Seuns Weet (Paperback)","description":"\u003cp class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify;\"\u003e\u003cspan lang=\"AF\" style=\"font-size: 11.0pt; mso-ansi-language: AF;\"\u003eIn hierdie debuutkortverhaalbundel probeer ’n jong wit gay Afrikaanse man naam gee aan sy ervaring van seksualiteit, geloof, gesinslewe, selfaanvaarding, vriendskap, skrywerskap en die maatskaplike werklikheid.\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify;\"\u003e\u003cspan lang=\"AF\" style=\"font-size: 11.0pt; mso-ansi-language: AF;\"\u003eOnder die oppervlak broei daar potensiële uitbarstings en katastrofes binne die verteller se wit middelklasbestaan, wat ’n onheilspellende onderbou aan die verhale verleen.\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify;\"\u003e\u003ci\u003e\u003cspan lang=\"AF\" style=\"font-size: 11.0pt; mso-ansi-language: AF;\"\u003eSeuns weet\u003c\/span\u003e\u003c\/i\u003e\u003cspan lang=\"AF\" style=\"font-size: 11.0pt; mso-ansi-language: AF;\"\u003e bied ’n vars blik op die hedendaagse samelewing vanuit die oogpunt van ’n komplekse vertellerkarakter wat onder verskeie soorte druk verkeer.\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify;\"\u003e\u003cspan lang=\"AF\" style=\"font-size: 11.0pt; mso-ansi-language: AF;\"\u003eDie bundel is onverskrokke, maar terselfdertyd weerloos en broos. Dit is verhale oor ’n gewone familie waarmee die meeste lesers sal kan identifiseer. Terugblikke op ’n herkenbare kinderverlede uit die 1980’s en 1990’s word verweef met die wanorde van die hoofkarakter se hedendaagse, volwasse bestaan. Frederik de Jager skryf die volgende oor die bundel: \u003ca name=\"_Hlk166499694\"\u003e\u003c\/a\u003e“Afgesien van die ryk en deeglik georkestreerde inhoud van hierdie verhale moet ook genoem word hoe fyn en sensories die waarnemings is en hoe skerp die formulering daarvan is, dikwels ook hoogs komies.”\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify;\"\u003e\u003cspan lang=\"AF\" style=\"font-size: 11.0pt; mso-ansi-language: AF;\"\u003eDe Jager skryf verder: “As jy enige skrywer van formaat tot getuie roep, byvoorbeeld Koos Prinsloo, soos die skrywer van hierdie boek pertinent doen, beter jy kan stand hou langs jou getuie. Daarmee het hierdie werk nie ’n probleem nie. Dit is ’n literêre teks van agbare vaardigheid en impak, en ’n latter-day antwoord op Prinsloo. […] Eweneens sou ek ’n pleidooi wou maak dat \u003ci style=\"mso-bidi-font-style: normal;\"\u003eSeuns weet\u003c\/i\u003e as hoofstroomletterkunde van die hoogste orde gesien moet word.”\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e","brand":"Frederick Botha","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":46976451182770,"sku":"9781485316121","price":295.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/files\/omslagseunsweetkonsep47_002.jpg?v=1773844416","url":"https:\/\/www.wordsworth.co.za\/products\/seuns-weet","provider":"Wordsworth Books","version":"1.0","type":"link"}