{"product_id":"staan-op-vir-die-six","title":"Staan Op Vir Die Six (Paperback)","description":"\u003cp\u003eIn hierdie Afrikaanse Romeo en Juliet stry twee bendes oor gebied, met een van die bendeleiers se suster, Astrid, in die middel vasgevang.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eDie oorlog ontstaan oor die Six, waar Astrid se broer Poema en sy Strikers regeer. Die leier van die Havanaboys, Rolo, beheer al die ander buurte behalwe die Six. Rolo wil ook die Six beheer, maar Poema weier om dit af te gee.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eAstrid leer hard op skool en wil graag 'n beurs kry om weg te kom uit die Six. Die ontsteltenis rondom Auntie Grace se dood in die spervuur van die bendes noop haar om 'n veldtog aanlyn te begin. Sy noem dit #bendesmustfall, en dit maak dat sy raakgesien word deur die gemeenskap—maar ook deur Rolo, want haar veldtog laat mense teen die bendes draai, iets wat hom nie pas nie.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eWanneer Rolo sy broer Mervin dwing om met Astrid vriende te maak, begin dit 'n onkeerbare golf van geweld en verraad in die Six. Waar bendes baklei, wen niemand nie.\u003c\/p\u003e","brand":"Celeste Slabber- Loriston","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47156103938226,"sku":"9780624096030","price":220.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/files\/9780624096030.jpg?v=1778770377","url":"https:\/\/www.wordsworth.co.za\/products\/staan-op-vir-die-six","provider":"Wordsworth Books","version":"1.0","type":"link"}