{"product_id":"veldgids-tot-bome-van-suider-afrika","title":"Veldgids Tot Bome Van Suider-Afrika","description":"\u003cp\u003eHierdie omvattend uitgebreide, hersiene uitgawe van die beste verkoper onder boom-veldgidse vir die streek bied veel meer as die hoogs suksesvolle eerste uitgawe. Volledig bygewerkte teks (insluitend bykomende spesie-inskrywings) en verspreidingskaarte, talle nuwe foto’s en ’n nuwe seksie van 87 bladsye met foto’s van die hele boom maak dié gewilde gids nog meer noodsaaklik in die veld.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eSuider-Afrika het ’n ryk verskeidenheid bome, met sowat 2 100 inheemse en meer as 100 genaturaliseerde uitheemse spesies. Veldgids tot Bome van Suider-Afrika beskryf en illustreer meer as 1 000 hiervan, met die klem op die algemeenste bome en dié wat waarskynlik die meeste teëgekom word. Spesies is op grond van maklik waarneembare blaar- en stingelkenmerke logies in 43 groepe gerangskik, elke inskrywing met volkleurfoto’s van die diagnostiese dele van die plant. Praktiese gebruike van die plante word ook genoem.\u003c\/p\u003e","brand":"Braam van Wyk; Piet van Wyk","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40302819606706,"sku":"9781770079120","price":650.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/28410_611d3c59c17503.13139880_9781770079120.jpg?v=1677344373","url":"https:\/\/www.wordsworth.co.za\/products\/veldgids-tot-bome-van-suider-afrika","provider":"Wordsworth Books","version":"1.0","type":"link"}