{"product_id":"vloei-stof","title":"Vloei\/Stof (pAPERBACK)","description":"\u003cp\u003eIn vloei\/stof ontgin Gilbert Gibson temas soos die liefde\/verhoudings, kinderherinneringe, geskiedkundige gegewens, geweld\/oorlog, die belewenis van landskap, en die verloop van tyd\/die dood op vernuftige wyse.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eSoos in sy vorige bundels, bewys hy dat hy ’n meester is van die hermetiese digkuns – gedigte wat deur ’n spel met taal en vorm vervreemding teweegbring. Die leser word uitgedaag om die betekenis van die gedigte te ontsluit.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eDie digter en literêre kritikus Louis Esterhuizen beskryf die bundel as volg: “Inderdaad digverweefde gedigte wat net soveel verhul as wat dit probeer onthul; verbrokkelde verse wat voortstu met verskuiwende betekenisvlakke en versplinterde (wan)begrip waartydens die leser genoodsaak word om ’n aktiewe rol te speel in die (re-)konstruksie van die teks.”\u003c\/p\u003e","brand":"Gilbert Gibson","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":45428108361906,"sku":"9781485316015","price":220.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/files\/9781485316015.jpg?v=1776178586","url":"https:\/\/www.wordsworth.co.za\/products\/vloei-stof","provider":"Wordsworth Books","version":"1.0","type":"link"}