Skip to content

Wie is dit wat onnodig seerkry?

by Ampie Barnard
ISBN: 9780992191207
Original price R 129.00 - Original price R 129.00
Original price R 129.00
R 129.00
R 129.00 - R 129.00
Current price R 129.00
Hierdie boek is 'n waardevolle handleiding en gids vir mense wat struikel as gevolg van alkoholisme. Die probleem word in diepte deur die skrywer behandel, veral omdat alkoholisme tans geweldig toeneem in ons land en gekoppel kan word aan misdaad en gebeure rondom mishandeling, ongelukke en padsterftes. Dis nie net die alkoholis wat bereik word in hierdie boek nie, maar ook die huweliksmaats en die kinders. In die veld van helpende professies is daar in die jongste jare al hoe meer aandag aan die gesin as 'n sisteem gegee en word probleme by enkelinge al hoe meer gesien as gesinsprobleme. Hierdie boek wil die feit van 'n alkoholprobleem weergee op 'n nie-wetenskaplike, maar tog verantwoordelike wyse, wat rekening hou met die resultate van navorsing en ook met die ondervinding wat deur baie jare se pastorale sorg aan die alkoholis en sy gesin opgedoen is. 'n Welkome aanvulling tot die karige literatuur oor alkoholisme in Afrikaans.

x