Skip to content

Wildekus

by Lapa Publishers
ISBN: 9780639607474
Product in Stock: Yes
Original price R 290.00 - Original price R 290.00
Original price R 290.00
R 290.00
R 290.00 - R 290.00
Current price R 290.00
Add to Wishlist
Vir die welgestelde sakeman, Adam Swart, kom geloof egter nie so maklik nie. Dis juis hoekom sy dogter, Lea, en haar ma van hom vervreem is; sy wereldbeskouing laat nie plek vir wonder nie. Wanneer Lea se ma egter sterf, gryp Adam die kans om sy verhouding met sy dogter te herbou. Hulle Wildekus-wegbreek het skaars begin wanneer 'n groep rondswerwende gelowiges reg langs hulle kom laer trek met 'n versameling voos en vodde karavane. Kort daarna, onder die wakende oog van hulle jong, imposante leier, begin die luidkeelse gesanik, nagtelike kruisvure en waansinnige seedopery. Dis alles net te veel vir Adam, en sy frustrasies loop oor in 'n ernstige kopstampery met Lea. Die volgende oggend is die karavane skoonveld. Sy dogter ook. Na bykans vier jaar se gesoek, gee Adam sy weelderige lewe in die stad prys. Hy moet terug Wildekus toe, hy moet vir Lea gaan vind as hy ooit weer vrede in sy gemoed wil he. In die diep Transkei beland hy op die spoor van Die Lewende Vlees, 'n sekte swerwers wat daar tussen die heuwels hulle eie stukkie paradys probeer staanmaak. Maar elke swerwer het sy storie, elke paradys sy slang.

x

x