{"product_id":"wildekus-paperback","title":"Wildekus (Paperback)","description":"Vir die welgestelde sakeman, Adam Swart, kom geloof egter nie so maklik nie.\nDis juis hoekom sy dogter, Lea, en haar ma van hom vervreem is; sy\nwereldbeskouing laat nie plek vir wonder nie. Wanneer Lea se ma egter sterf,\ngryp Adam die kans om sy verhouding met sy dogter te herbou.\nHulle Wildekus-wegbreek het skaars begin wanneer 'n groep rondswerwende\ngelowiges reg langs hulle kom laer trek met 'n versameling voos en vodde\nkaravane. Kort daarna, onder die wakende oog van hulle jong, imposante leier,\nbegin die luidkeelse gesanik, nagtelike kruisvure en waansinnige seedopery. Dis\nalles net te veel vir Adam, en sy frustrasies loop oor in 'n ernstige kopstampery\nmet Lea. Die volgende oggend is die karavane skoonveld. Sy dogter ook.\nNa bykans vier jaar se gesoek, gee Adam sy weelderige lewe in die stad prys. Hy\nmoet terug Wildekus toe, hy moet vir Lea gaan vind as hy ooit weer vrede in sy\ngemoed wil he. In die diep Transkei beland hy op die spoor van Die Lewende\nVlees, 'n sekte swerwers wat daar tussen die heuwels hulle eie stukkie paradys\nprobeer staanmaak.\nMaar elke swerwer het sy storie, elke paradys sy slang.","brand":"Lapa Publishers","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40608060702898,"sku":"9780639607474","price":310.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0562\/9191\/8002\/products\/344718_60f9898572f805.45516709_9780639607474.jpg?v=1677348253","url":"https:\/\/www.wordsworth.co.za\/products\/wildekus-paperback","provider":"Wordsworth Books","version":"1.0","type":"link"}