Skip to content

Winterkos in Provence (Paperback)

by Marita van der Vyver
ISBN: 9780624057758
Original price R 189.00 - Original price R 189.00
Original price R 189.00
R 189.00
R 189.00 - R 189.00
Current price R 189.00
Marita en Alain se groot familie eet graag en baie. Marita verkies om volgens die seisoene te kook, om geld, tyd en moeite te spaar – en vir optimum smaak. In die winter moet sy slim koop en kook om die beste te maak van die kleiner verskeidenheid vars produkte, maar sy ken talle kosgeheime en haar kos word opgekikker op allerhande maniere. Die boek is op Suid-Afrikaanse kokke gemik en al die bestanddele is plaaslik beskikbaar. Die boek is vol watertand-idees. Marita maak gebruik van die olywe-oes, oesters en foie gras. Kerstyd word kleinkoekies verslind, en Provensaalse Kersmaal word met die Dertien Nageregte afgesluit. Koningsterte word gebak met 'n gelukbringertjie weggesteek in 'n geurige amandelvulsel, asook stapels pannekoek. Dan is daar ook ingelegde ansjovis, eend, droe worse en gerookte hamme, gedroogde kabeljou, patees en konfyte. Sy maak seker dat die resepte sonder te veel moeite of onkoste buite Frankryk aangedurf kan word. Dis kos hierdie wat meer as net die lyf voed, dis kos wat die siel verwarm. Sielskos, hartlike kos, opregte kos. "A table!" bulder Alain uit die kombuis, bo-oor die musiek wat soos altyd vreeslik hard speel wanneer hy kook. Kos is op die tafel!

x