Koop n Afrikaanse Boekdag

Dis byna onmoontlik om te glo dat dit al weer tyd is vir Koop-‘n-Afrikaanse-boek-dag op 14 Augustus. Ons vra dat almal wat Afrikaans praat en lees, om op dié dag vir hulself ‘n boek te koop en as dit enigsins moontlik is ‘n boek te skenk vir iemand wat dit nie self kan bekostig nie, of wat dalk nog nooit ‘n boek van sy/haar eie besit het nie.

Aangesien die VVA sedert 2014 deel is van die ATKV, gaan ons hierdie groot organisasie se magtige reklamemasjien inspan om hierdie dag die grootste sukses ooit te maak.

Koop n Afrikaanse Boekdag Video:

https://youtu.be/hLgcH6hkaA4

www.atkv.org.za

location: 
Other