Skip to content

Na 'n Plaas in Afrika

by Irma Joubert
ISBN: 9780637000086
Product in Stock: Yes
Original price R 300.00 - Original price R 300.00
Original price R 300.00
R 300.00
R 300.00 - R 300.00
Current price R 300.00
Add to Wishlist
n Nuwe lewe wag op hom. In 1939 bars die oorlogbom in Europa. Drie miljoen kinders word uit London ontruim na veiliger gebiede. Een van hulle is die sesjarige Charles Smith, op pad na 'n onbekende tante van sy pa in 'n klein dorpie in Skotland. By aunty Grace wag 'n nuwe lewe op hom. Aan die anderkant van Europa ruk die Duitse Sesde Leer op teen Rusland. Tussen die manskappe is die vurige majoor Oswald von Stein, Hildegard se stiefseun. Voor hulle wag die Russiese winter, Stalingrad en die krygsgevangenekampe van Siberie. 90 000 word gevange geneem, net sesduisend oorleef. Charles en Oswald beleef teenoorgestelde kante van die oorlog. Beide bevind hulself egter op pad na 'n plaas in Afrika waar hul paaie sal kruis met die van Seretse Khama en Mentje de Vries. Na 'n plaas in Afrika is die derde boek in die trilogie na Immer wes en Mentje, kind van Pas-opkamp. Anders as met haar vorige boeke, word die verhaal grootliks vanuit twee manlike perspektiewe vertel.

x