Skip to content

'n Lewe Hier: Gedagtes Oor Tyd en Ander Gawes (Paperback)

by Robert Vosloo
ISBN: 9781991256140
Product in Stock: Yes
Original price R 250.00 - Original price R 250.00
Original price R 250.00
R 250.00
R 250.00 - R 250.00
Current price R 250.00
Add to Wishlist
'n Lewe hier Gedagtes oor tyd en ander gawes bevat 'n keur uit die skrywes wat Saterdae onder die skrywersnaam RRV in die rubriek Geestelike waardes in Die Burger en op Netwerk 24 se digitale platform verskyn het.

Hoe eien ons hierdie lewe hier en nou toe as ons lewe. Hoe onthou ons die verlede reg? Wat behels 'n lewe ook 'n lewe saam met ander wat in die teken van genade en dankbaarheid staan. Hoe praat ons oor hoop te midde van donkerte en angs Hierdie is van die vrae wat in 'n Lewe hier ter sprake kom.

In die Voorwoord tot 'n Lewe hier skryf Cas Wepener oor die skrywer en hierdie boek Vosloo lees wyd en hy sluit werklik 'n biblioteek vir die leser oop teologie en filosofie is gunstelingvelde maar so ook prosa en poesie. Groot denkers se insigte word op bevatlike wyse kompak vir die leser ontsluit. Hy betrek ook films en musiek en reise en wyn. Alles wat beleef word, is 'n bron Jy ontmoet medereisigers op die pelgrimstog van die lewe. Ook reisigers wat ons voorgegaan het Mistici uit die Middeleeue en moderne monnike. Filosowe deur die eeue Bybelkarakters en teoloe En kunstenaars van alle genres wat deur skoonheid soek na sin.

x