Skip to content

Duino-elgiee

by Protea Boekhuis
ISBN: 9781869191511
Product in Stock: Yes
Original price R 20.00 - Original price R 20.00
Original price R 20.00
R 20.00
R 20.00 - R 20.00
Current price R 20.00
Add to Wishlist
Rilke se reeks van tien lang gedigte, die Duino-elegiee, word saam met die Sonnette aan Orfeus as sy grootste werk beskou. Rilke het aan die elegiee begin skryf terwyl hy tussen Oktober 1911 en Mei 1912 in die Duino-kasteel in die noorde van Italie tuisgegaan het en het dit na 'n lang onderbreking in 1922 voltooi. Die gedigte is opgedra aan die eienares van die kasteel, prinses Marie von Thurn und Taxis. Die gedigte kan beskou word as klaagsange of treurliedere oor gestorwenes, maar ook oor verganklikheid en die beperktheid van menslike bestaan. Die mens kan, volgens die digter, hierdie beperkte bestaan probeer oorstyg deur ’n proses van verinnerliking. Rilke se simbolistiese poesie het ’n groot invloed op digters van die 20ste eeu, uitgeoefen, ook op Afrikaanse digters soos N.P. van Wyk Louw en Wilma Stockenstrom. Omdat die Elegiee in die oorspronklike Duits moeilik verstaanbaar is selfs vir Afrikaanssprekendes wat Duits magtig is, moet hierdie vertaling van ’n groep gedigte wat reeds klassieke status in die Westerse letterkunde het, verwelkom word. Die Duitse teks word in hierdie bundel saam met die Afrikaanse teks geplaas, sodat die oorspronklike saam met die vertaling gelees kan word. 'n Inleiding en verklarende aantekeninge deur die vertaler dra veel daartoe by dat hierdie nogal moeilike gedigte toeganklik gemaak word.

x