Skip to content

Locum op ski's

by Rina Cilliers
ISBN: 9781776352852
Product in Stock: Yes
Original price R 95.00 - Original price R 95.00
Original price R 95.00
R 95.00
R 95.00 - R 95.00
Current price R 95.00
Add to Wishlist
Tienerliefde kan vir altyd wees.

Dat Yentl Beylstra as tweejarige ‘n tante geword het was destyds voorbladnuus in die kontreikoerant. Met ‘n volksvreemde naam soos hare, is sy as graadagt leerling in ‘n nuwe skool deur die hoofseun, Wicus Willers, van ‘n klomp koggelende matrieks gered. Hy sorg vir die bynaam Gentle-Yentl, minwetende dat hy die oorsaak was vir haar eerste, en mees geheime drome, oor die liefde nie.

Jare later, na ‘n mislukte verlowing, oorreed haar neef, Bertus, haar om as locum vir hom in ‘n tandartspraktyk iin Engeland in te staan. Daar ontmoet sy in vreemde omstandighede Bertus se huismaat, Wicus – die einste hoofseun van haar tienerliefde. Sy ontdek dat haar gevoelens net latent gewag het om soos sjampanje weer na die oppervlak te borrel.

Tussen die eeue-oue geboue ontdek sy uiteindelik die oerwete van dit wat tussen ‘n man en vrou gebeur wanneer twee siele vervleg.

x