Skip to content

Best Books Eksamenhulp: Graad 11 Afrikaans Taal- en leesoefenboek vir Eerste Addisionele Taal

by Human & Rousseau (Pty) Ltd
ISBN: 9781776072026
Product in Stock: Yes
Original price R 208.00 - Original price R 208.00
Original price R 208.00
R 208.00
R 208.00 - R 208.00
Current price R 208.00
Add to Wishlist
Die Best Books Taal- en leesoefenboek vir Graad 11 Eerste Addisionele Taal is ’n gebruikersvriendelike werkboek wat ’n wye verskeidenheid tweetalige opsommings en taaloefeninge bevat om leerders met eksamenvoorbereiding te help. Hierdie taaloefeninge sal die worstelende én die vooruitstrewende addisionele taal-leerder help om beter te vaar in die eksamen. 

 

Die taal- en leesoefenboek
  • dek die belangrikste taalstrukture en -konvensies soos klankleer, woordvorming, woordsoorte en sins- en betekenisleer wat die leerder die geleentheid bied om teoriese kennis toe te pas volgens die vereistes van die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring.
  • bied Engelse vertalings van begrippe en toeganklike opsommings met voorbeelde.
  • bestaan uit agt hoofstukke met taaloefeninge en twee begripstoetse per hoofstuk.
  • sluit oefenvraestelle in.
  • bied plek vir antwoorde, vir maklike hersiening en verwysing.

Die boek is saamgestel volgens die nuutste AWS, en is geskik vir gebruik in die klaskamer of tuis.

x