Skip to content

Bewustelik Joune (Paperback)

by Elsa Winckler
ISBN: 9780799386080
Product in Stock: Yes
Save 60% Save 60%
Original price R 250.00
Original price R 250.00 - Original price R 250.00
Original price R 250.00
Current price R 99.00
R 99.00 - R 99.00
Current price R 99.00
Add to Wishlist
Vyf jaar ná die aanval op Kris, wat byna haar lewe gekos en haar met ’n letsel op die gesig gelaat het, is sy weer op koers. Wel, as mens nou die nagmerries wat haar soms ry, uitskakel. Haar aanvallers is agter tralies, haar verbreekte verlowing is iets van die verlede. Wanneer sy die kans kry in haar fisioterapiepraktyk, breek sy ook weg om kursusse aan te bied in bewustelikheid – oftewel mindfulness: Sy help mense ontdek hulle kan maar net wees, hulle hoef nie heeltyd te doen nie. Dit is wat haar met heelwording gehelp het.

Dit is tydens so ’n kursus dat haar en Luca se paaie kruis, ’n ultra-atleet in wie se wêreld daar nie plek is vir enigiets anders nie, laat staan ’n vrou, veral nie een met “issues” nie. Daarvan het hy genoeg gehad. Maar dit is nogal ’n moeilike situasie as jy in dieselfde huis saam met een woon. Haar nagmerries help ook nie juis nie. En hy moet fokus vir sy volgende wedren in Amerika om sy borge tevrede te hou. Hy moet wen, anders het hy verloor, dis sy leuse.

x