Skip to content

Robyn se Ongetemde Man (Paperback)

by Dina Botha
ISBN: 9780799385663
Product in Stock: Yes
Original price R 165.00 - Original price R 165.00
Original price R 165.00
R 165.00
R 165.00 - R 165.00
Current price R 165.00
Add to Wishlist
Robyn het alles wat ’n meisie kan begeer. As sy net verlief was op die man waarmee almal verwag sy gaan trou. Eers toe Connor in haar lewe verskyn, weet sy wat sy misgeloop het.

Alles wat ’n meisie maar kan begeer, dit het Robyn. Skoonheid, kreatiwiteit, geld en ’n gesogte beroep. Boonop kan sy binnekort die vrou wees van ’n man wat self skatryk is en met die huwelik sal haar gesin se sakebelange verder bevorder word. Dis nou te se as hulle kan ooreenkom oor ’n troudatum, iets waartoe sy haar tot dusver nog nie kon bring nie omdat sy heimlik nie seker is of sy op hom verlief is nie. In hierdie kritieke stadium verskyn Connor asof uit die niet in haar kantoordeur. Hy wil he sy moet ’n ontmoeting met haar pa vir hom reel. Eers toe Robyn nie daarin slaag nie, besef sy haar pa het al die jare ’n geheim in hom omgedra, iets wat reelreg bots met die etiek wat hy Robyn en haar susters ingeprent het.

Die gevoelens wat Robyn vir Connor begin ontwikkel het, is gewoon ’n onmoontlikheid want hy blyk haar pa se aartsvyand te wees en sy wil ook nie haar pa geruineer sien nie. Toe gebeur die ondenkbare en haar lewe verander in ’n oogwink in die soort bestaan wat sy haar nooit eens sou kon voorstel nie. Nie dat sy ongelukkig is nie, maar so ...?

x