Skip to content

Die Teenoorgestelde is Net So Waar

by Human & Rousseau (Pty) Ltd
ISBN: 9780798182355
Product in Stock: Yes
Original price R 315.00 - Original price R 315.00
Original price R 315.00
R 315.00
R 315.00 - R 315.00
Current price R 315.00
Add to Wishlist
Wat is so onmoontlik aan botter aan albei kante? Lien, Katryn en Charlotte was jare lank beste vriendinne. Hulle is heeltemal verskillend, die vriendskap was van die begin af onwaarskynlik. Lien is heeltemal together, Katryn is temperamenteel en onvoorspelbaar. En Charlotte is die een wat stilstil foto’s neem en skilder, en nooit ophou waarneem nie. Hulle het min in gemeen, maar daar was ’n sterk band tussen hulle. Dan trou Lien. Met ’n boer met ’n bakkie. Dis ’n groot troue, in die Karoo, en die hele wêreld is genooi. Dit was altyd die plan dat Katryn, Lien en Charlotte mekaar se strooimeisies sou wees. Behalwe, Lien en Katryn sit lankal nie meer langs dieselfde vuur nie. Alles het verander. En iets lyk nie lekker met Katryn nie. ’n Vlymskerp en eerlike roman oor die verbintenis tussen drie jong vroue. ’n Aangrypende verhaal wat strek oor jare en skuif tussen kuns en seks, joga, vriendskap, lojaliteit en geheime. Deur die skrywer van In my vel.

x