Skip to content

Karatekas 1: Vriende en Verraad (Paperback)

by Anzil Kulsen
ISBN: 9781432304119
Product in Stock: Yes
Save 35% Save 35%
Original price R 60.00
Original price R 60.00 - Original price R 60.00
Original price R 60.00
Current price R 39.00
R 39.00 - R 39.00
Current price R 39.00
Add to Wishlist
Warren en Divan is, vandat hulle kan onthou, al vriende. Dan begin Divan karate doen, en nie lank daarna nie sluit Warren ook by die karate-klub aan. Nou is hulle al twee karaktekas. Maar die einste karate is besig om ‘n stok in die wiel van hulle vriendskap te steek. Hulle vertrou mekaar skielik nie meer nie. Om sake te kompliseer, sluit Kyla van die Martial Arts dojo ook by hulle dojo aan. Die twee vriende verstaan haar glad nie: ’n meisie wat ewe goed ballet doen as karate-skoppe uitvoer. Gaan hulle vriendskap die karate en Kyla oorleef of gaan dit die vriendskap vernietig? Die boek: Vriende en verraad Warren het in die laaste kampioenskappe die beste in die dojo gevaar. Hy ontdek dat sy beste vriend, Divan, wat al ’n rooi gordel het, bedreig voel deur hom. Die verhouding tussen hulle versleg toe Warren ook gekies word om na die groot kampioenskap in Durban te gaan. Warren vind uit dat sy ma nie genoeg geld het om die inskrywingsgeld te betaal nie. Hy wil sterf van teleurstelling. Kyla bring al hoe meer tyd by Warren deur en hy vertrou Divan al hoe minder. Gaan Warren by die kampioenskap in Durban uitkom? Hoe gaan hy kies tussen Divan en Kyla?

x