Skip to content

David Walliams 5-in-1 (Box Set) (Afrikaans Edition) (Paperback)

by David Walliams
ISBN: 2600000003933
Product in Stock: Yes
Original price R 599.00 - Original price R 599.00
Original price R 599.00
R 599.00
R 599.00 - R 599.00
Current price R 599.00
Add to Wishlist
Boude Biljoenêr
Ontmoet Joe Spud, die wêreld se rykste twaalfjarige. Joe het alles wat sy hart kan begeer: sy eie Formule Een-renmotor, 'n duisend pare sportskoene, selfs 'n orangoetang vir 'n butler! Ja, Joe het alles wat hy wil hê, maar daar's een ding wat hy regtig nodig het: 'n vriend ...

Mnr Stink
Meneer Stink het gestink. Hy was die ene stank. Sy stank was so erg dat dit jou asem weggeslaan het. Hy was die stinkste superstankstinker wat nog ooit gelewe het. 'n Superstank is die ergste soort reuk. 'n Superstank is erger as 'n stank. En 'n stank is erger as 'n stankie. En 'n stankie is erger as 'n klankie. Maar 'n klankie is al genoeg om 'n mens jou neus te laat optrek. Dit was nie meneer Stink se skuld dat hy gestink het nie. Hy was ná alles 'n boemelaar. Hy het nie 'n huis gehad nie en kon hom nêrens ordentlik was soos ek en jy elke dag doen nie. Chloe is seker die eensaamste meisie in die wêreld. Maar toe ontmoet sy vir meneer Stink, die plaaslike boemelaar. Ja, hy ruik effens sleg - maar hy's die enigste mens wat haar nog ooit ordentlik behandel het. En wanneer meneer Stink blyplek nodig het, besluit Chloe om hom in hulle tuinhuisie weg te steek! Maar Chloe gaan leer dat party geheime 'n manier het om op 'n ramp af te stuur. En gepraat van geheime, daar steek dalk meer in meneer Stink as wat jy met die eerste neusoptrek sal agterkom ...

Ouma is 'n Kroek
"Ontmoet vir Ben se ouma. Sy lyk maar soos enige ander ouma: Sy het grys hare. Sy het vals tande. Sy druk gebruikte snesies in haar mou op. En ... sy's 'n internasionale juweeldief!'

Rotburger
'Ontmoet vir Zoe. Daar is baie goed waaroor sy ongelukkig kan wees: Haar stiefma, Sheila, is so lui dat Zoe die snolle uit haar neus moet krap. Die skoolboelie, Tina Trotts, maak haar lewe ondraaglik en spoeg boonop elke dag op haar kop. En om alles te kroon het die bose Bart gruwelike planne met haar troetelrot. Ek kan jou nie vertel wat Bart se planne is nie, maar daar is 'n leidraad in hierdie boek se titel ...'

Die seun in die rok
Dennis bly in 'n vervelige huis in 'n vervelige straat in 'n vervelige dorp. Maar hy gaan uitvind die lewe is allesbehalwe vervelig wanneer jy jou kop oopmaak! Jy sal lag, jy sal huil, en as jy Dennis eers ontmoet het, sal jy hom nooit vergeet nie ...

x