Skip to content

Felina Kat, Geheime Agent (Paperback)

by Louise Smit, Zinelda McDonald
ISBN: 9780798182164
Product in Stock: Yes
Original price R 149.99 - Original price R 149.99
Original price R 149.99
R 149.99
R 149.99 - R 149.99
Current price R 149.99
Add to Wishlist
Timo wonder wie die geheimsinnige inwoner op die boonste verdieping van hulle woonstelblok is. Wanneer hy gaan ondersoek instel, verander sy vervelige skoolvakansie skielik in ’n groot avontuur! Hy maak kennis met Felina Kat, maar sy is geen gewone kat nie . . . Sy is ’n GEHEIME AGENT en sy los enige misdaad op.

Speurder Skote Petoors het ’n probleem. ’n Kosbare blou diamantring is gesteel en daar is nog geen leidraad nie. Die Geheime Agent moet kom help. Sal Felina, Skote en Timo saam die skurke kan vastrek?

Wie is die baasbrein en wat het sy handlangers, Malia en Dahlia, daarmee te doen?

Louise Smit is bekend as die skepper van immergewilde reekse soos Haas Das en Bennie Boekwurm. Hierdie avontuurlike storie, met illustrasies deur die bekroonde Zinelda McDonald, is perfek geskik vir vaardige beginnerlesers.

x