Skip to content

Jamie en Sebastiaan-omnibus

by Martie Kruger
ISBN: 9780799391275
Product in Stock: Yes
Original price R 270.00 - Original price R 270.00
Original price R 270.00
R 270.00
R 270.00 - R 270.00
Current price R 270.00
Add to Wishlist
Jamie en Sebastiaan is terug in 'n fantastiese omnibus

Maak gereed vir baie kattekwaad! Die geliefde Jamie en Sebastiaan-verhale is terug met 'n nuwe baadjie. Beleef allerhande avonture saam met Jamie en Sebastiaan, die spekvet, pratende kat - van noue ontkomings uit die hande van 'n ontvoerder en glibberige woestyntunas, tot die soektog na die vermiste storiemol.

Jamie en Sebastiaan

Van die eerste oomblik toe Jamie vir Sebastiaan in die groentetuin sien lê het, het hy geweet hier kom moeilikheid. Sommer GROOT moeilikheid! Sebastiaan is nie net ʼn gewone kat nie. Hy is ʼn spekvet, grysgestreepte kat wat boonop kan praat! Al wat hy eet is tuna en room, want dit is wat die kattedokter in die Kaap vir hom voorgeskryf het. Ouma Katie dink Sebastiaan is 'n dierbare ou katjie, maar Jamie weet van beter. Hy weet dat dit Sebastiaan was wat die skoolhoof se tunatert opgevreet het EN wat hulle amper in die kloue van 'n smerige ontvoerder laat beland het EN wat ʼn wrede seerower se houtbeen gesteel het EN wat die glibberige woestyntunas so kwaad gemaak het dat hulle hom wou opkerf en in blikkies verpak …

Jamie en Sebastiaan en die storiemol

In die tweede boek kry Jamie en sy kat, Sebastiaan, ʼn baie belangrike opdrag - hulle moet die storiemol gaan soek. Die storiemol het spoorloos verdwyn en sonder haar sal al die stories op aarde opdroog. 'n Wêreld sonder stories sal 'n aaklige plek wees. Daarom vertrek Jamie en Sebastiaan dadelik op hul nuutste avontuur met die hulp van ʼn slim sprinkaan en ʼn pratende hysbak!

x