Skip to content

Minki se Pajamapartytjie (Paperback)

by Jaco Jacobs
ISBN: 9781776250103
Product in Stock: Yes
Original price R 130.00 - Original price R 130.00
Original price R 130.00
R 130.00
R 130.00 - R 130.00
Current price R 130.00
Add to Wishlist
Minki en haar twee beste maats, Natalie en Lara, kan nie wag vir hulle pajamapartytjie met 'n llama-tema nie. Hulle gaan llama-koekies bak en versier, hulle gaan hulle naels verf en llama-plakkers opplak en dan gaan hulle hulself trommeldik eet aan die lekkergoed in die llama-pinata wat Natalie self gemaak het.

Maar toe die aand van die pajamapartytjie uiteindelik aanbreek, loop die een ding na die ander skeef. Minki se tweeling-boeties byt die llama-koekies se koppe af, daar mors naellak op Natalie se splinternuwe nagklere en Lara is allergies vir die grondboontjies in die pinata-lekkers. Die pajamapartytjie waarna hulle so uitgesien het, is 'n reuse-flop! Gelukkig het Minki 'n slim plan om vir haar maats te wys dat hulle vriendskap enigiets kan oorleef ...

x