Skip to content

My Eerste Wilde Eiland-Avontuur (Afrikaans Edition) (Paperback)

by Riaan Manser, Murray Williams, Chantal Tarling
ISBN: 9780637003452
Product in Stock: Yes
Original price R 220.00 - Original price R 220.00
Original price R 220.00
R 220.00
R 220.00 - R 220.00
Current price R 220.00
Add to Wishlist

Riaan Manser se “My First Wild Island Adventure” is nou ook beskikbaar in Afrikaans!

In Julie 2009 het Manser ‘n volgende wêreldrekord gestel toe hy die eerste persoon was wat die wêreld se vierde grootste eiland, Madagaskar, per kajak omseil het - ook alleen en sonder hulp.

Hierdie kolossale reis van 5000 km, wat hom elf maande geneem het, was volgens hom aansienlik meer veeleisend, beide fisies en geestelik. Hy moes uiterste eensaamheid oorwin terwyl hy verraderlike toestande verduur het, soos donderende golwe, siklone en ‘n skroeiende son wat, gekombineer met soutwater, hom amper lewendig gepekel het.

Tydens sy omseiling het hy baie onvergeetlike noue ontmoetings met Madagaskar se seelewe gehad – boggelrugwalvisse wat meters van sy kajak af deur die oppervlak gebreek het, reuse-leerskilpaaie wat langs hom geswem het, en sy boot wat deur ‘n haai gestamp is.

Riaan het in ‘n tydperk van uiterste politieke onrus in Madagaskar rondgereis en hy het 5 keer in die tronk beland, die laaste keer drie nagte op vermoede dat hy huursoldaataktiwiteite uitgevoer het. In April 2010 is Manser se pogings beloon met sy tweede toekenning, “Out There Adventurer of the Year 2009”. “Around Madagascar on my Kayak”, die boek waarin hy van sy wonderlike prestasie vertel, het ook lof ontvang.

x