Skip to content

Sebastian die Leeuwelpie

by Naledi
ISBN: 9781928530275
Product in Stock: Yes
Original price R 175.00 - Original price R 175.00
Original price R 175.00
R 175.00
R 175.00 - R 175.00
Current price R 175.00
Add to Wishlist
In die leeuwelpie-kamp word Sebastian, 'n avontuurlustige leeuwelpie tot tropleier gekroon nadat hy in veilige bewaring gebring is toe hy nieserig, vieserig en knieserig onder die toesig van die groot waaksame leeutrop, weggeglip het. Vir wat blaas jy soos 'n omgeelliede plaaseend?" vra 'n ou, swaar, diep stem dig duskant Sebastian se sitvlak. Sebastian kreun saggies hulpsoekend en wil net ongemerk by die gat se ingang uitsluip toe die stem hom met wysheid bejeen. Ek sal dit nie doen as ek jy is nie," waarsku die stem goedmoedig. Daar is 'n bosbrand oppad hierheen." Sebastian luister na die geskuifel binne die gat voordat die stem rustig voortgaan." En jy gaan soos 'n klein bondeltjie misoes met swart donsies lyk as jy in daardie vlamme beland," koggel die stem en lag sag en diep in sy keel.

x