Skip to content

Arendsvlerke vir Siebert

by Elsa Winckler
ISBN: 9780639607139
Product in Stock: Yes
Original price R 290.00 - Original price R 290.00
Original price R 290.00
R 290.00
R 290.00 - R 290.00
Current price R 290.00
Add to Wishlist
Liewe Here, ek verstaan nie. Help my.

Terwyl Katinka probeer om die dood van haar man te verwerk, dring haar seun se veranderde gedrag uiteindelik tot haar deur. Sy is verslae en geskok deur die besef dat hy vasgevang is in omstandighede wat ook sy lewe kan beëindig. Wanneer vrees die oorhand kry, wend sy haar tot die Here. Here, U sê vir ons in Jesaja, die wat op U vertrou, kry nuwe krag, hulle vlieg met arendsvlerke. En Here, nou het ons sulke vlerke nodig.

Arendsvlerke vir Siebert is 'n eerlike maar deernisvolle verhaal van liefde en oorwinning uit die pen van ATKV Woordveertjiewenner, Elsa Winckler.

Hierdie boek is die eerste fiksie boek vir volwassenes uit LAPA Uitgewers se nuwe druknaam, LUCA, wat fokus op geestelike fiksie en niefiksie. Arendsvlerke vir Siebert fokus op die impak van die verlies van dood en ook hoe dwelmmisbruik 'n gesin beïnvloed.

x