Skip to content

Bet-El

by Wordsworth Books
ISBN: 9780796320520
Product in Stock: Yes
Original price R 230.00 - Original price R 230.00
Original price R 230.00
R 230.00
R 230.00 - R 230.00
Current price R 230.00
Add to Wishlist
Daniël met sy horrelvoet en sy ongeneeslike begeerte na die meisie wat hom verraai het, het die goeie weg gekies, waarvoor hy liefde en toewyding van sy vrou Anna ontvang. Anna, die verstandige en opregte, sy wat so begeer dat haar man net moet sê hy het haar lief ...


Dit is twee jaar voor die Anglo-Boereoorlog uitbreek. Daar egter ook konflik aan die oplaai in die betrokke families: tussen broer en broer, man en vrou, minnares en minnaar, kind en ouer.

Soos vandag, was die mens se ergste stryd meer as ’n eeu gelede ook nie teen vlees en bloed nie maar teen die magte van geldgierigheid, geweld, wraak, magsug en eerloosheid. Versoening tussen broers en nasies – wat die mens meesal uitstel tot dit te laat is – is die grootste genade. Daarom bly die vrede en liefde hom ontwyk.

Op daardie pynlike aand voor die mans oorlog toe vertrek, weet geliefdes wat mekaar dalk nooit weer sal sien nie net dit: God sal sy kinders seën, hulle wat naby Hom bly.

x