Skip to content

Blou Moord (Paperback)

by Francois Bloemhof
ISBN: 9780637002912
Product in Stock: Yes
Original price R 310.00 - Original price R 310.00
Original price R 310.00
R 310.00
R 310.00 - R 310.00
Current price R 310.00
Add to Wishlist
Ons gaan nêrens heen nie. En niemand kom om ons te red nie. Maart 1981. Ludo Labuschagne gaan saam met sy ma, haar vriend, oom Dippie, en ’n paar ander na ’n private eilandjie tussen Durban en Madagaskar. Die wegbreek word geborg deur Una Steenkamp, ’n ryk weduwee. Nog voor hulle op die eiland kom, word haar seun Ederik oënskynlik in Durban vermoor. Almal wat hom ken, glo egter Ederik is bloot nog kwaad oor ’n onlangse stryery en dat hy wel daar aangesit sal kom. Intussen sit Ludo vas op die eiland saam met:

*Attie Steenkamp, ’n predikant en Una se swaer
*Christoline, die predikant se swaarmoedige vrou
*Janneman, hulle seun wat sy been op die grens verloor het
*Annetjie, hulle polities bewuste dogter
*Toon van der Lugt, ’n selfingenome akteur
*Suné Louw, ’n jong meisie wat deur Toon onderhou word
*Cor Mocke, ’n ruwe weermagvriend van Ederik
*Miguel Pedrito, Una se handyman
*Inez, sy vrou en die kok-huishoudster

Dié spul, dertien in totaal, is nie lank op die eiland nie voor iemand sterf. Almal glo egter dit was selfdood – behalwe Ludo. Twee sulke vreemde gebeure kan nie toeval wees nie. Wanneer daar skielik nie meer petrol vir die motorboot is nie én die man wat elke dag van die vasteland af moet kom nie opdaag nie, is twee dinge vir Ludo duidelik: Hulle is saam met ’n moordenaar op die eiland vasgekeer en daar gaan binnekort nog koppe rol ....

Die ligging van die derde boek in die Ludo Labuschagne-reeks, ʼn afgesonderde, eksotiese eiland aan die kus van Natal, skep die perfekte verhoog vir ʼn moordraaisel in die styl van Agatha Christie. Elke boek in die reeks speel af in ʼn maand van 1981. Ludo het aan homself die uitdaging gestel om elke maand een raaisel op te los en is oortuig hy het reeds in Maart aan daardie uitdaging voldoen. Dan word iemand vermoor tydens sy eiland vankansie. Hierdie keer mag hy dalk net heeltemal uit sy vaarwater wees.

Vorige titels in die reeks: Die duiwel maak my hart so seer, en Kry vir jou!

x