Skip to content

Die Verkeerde Vrou (Paperback)

by Irma Venter
ISBN: 9780624093213
Product in Stock: Yes
Original price R 330.00 - Original price R 330.00
Original price R 330.00
R 330.00
R 330.00 - R 330.00
Current price R 330.00
Add to Wishlist
Die plek is stikdonker. Daar is nie eers ’n stukkie daglig wat iewers inkruip nie. Of is dit reeds aand? Ek het geen idee hoe laat dit is nie. Hoe lank is ek al hier?

Liela Oloffson se ouers is in ’n huisbrand oorlede toe sy tien jaar oud was, maar vandag het sy alles wat meeste mense begeer.

Skoonheid, roem, en ’n blink loopbaan as aktrise. Maar dan verdwyn sy een Vrydagnag spoorloos en kaptein Kgomotso vra gesoute misdaadjoernalis Ami Prinsloo se hulp. Soos ’n bloedhond volg Ami Liela se spoor van waar sy laas by ’n Engen-garage in Johannesburg gesien is. Maar waarom lyk dit op die CCTV-kamera of Liela alleen van die garage wegry? Kruip Liela weg of is sy gekaap? Of dalk ontvoer? En waaroor het sy en haar verloofde so hewig baklei net voor sy verdwyn het?

Die verkeerde vrou is die tweede boek in Irma Venter se nuwe reeks met misdaadjoernalis Ami Prinsloo as hoofkarakter. Die verkeerde vrou volg op Minder as niks, maar kan ook alleen gelees word.

x